Health

Generasie ‘Y’ volgende golf eiendomskopers

Die plaaslike eiendomsbedryf moet sy visier op ‘Generasie Y’ rig, want dis waar die volgende groot hupstoot in die bedryf sy oorsprong kan hê.
Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sê dié geslagverbruikers tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar – laat bemarkers wêreldwyd nou regop sit en word nou belangriker geag as die sogenaamde “baby boomers” wat tussen 1946 en 1964 gebore is.
“Die boomers was verantwoordelik vir die vloedgolf van verbruikersvraag en ekonomiese groei in die dekades na die Tweede Wêreldoorlog. Navorsers en ekonome meen dat hulle invloed nou aan die afneem is – boomers is uit en generasie Y is in.
“Nuwe navorsing in die VSA toon kopers in dié demografiese groep sal meer waarskynlik as ander ouderdomsgroepe ‘n huis oor die middeltermyn koop – wat hulle die belangrikste teikens maak vir eiendoms agente en huis-verkopers.
Gegrond op dié navorsing, waarvan die inslag sekerlik ook in SA gevoel gaan word, dink 52% van generasie Y-respondente dat ‘n huis ‘n beter finansiële belegging verteenwoordig as aandele. Dit het ook gewys dat 36% van dié kopers ‘n huis met die hulp van ‘n eiendomsagent gevind, 35% deur die internet en 5% het huise gevind deur ‘n bouer of ander agent.
“Die internet speel ‘n belangrike rol vir dié groep huiskopers,” sê Gerhard Kotzé. Die groep was reeds as kinders bekend met rekenaars en die internet is vir hulle niks nuuts nie. Vier uit 10 lees web-logs of gebruik sosiale netwerke ten minste ‘n paar keer per week.
Daar is gevind dat Gen-Y is meer geneig as enige ander ouderdomsgroep om huise op die internet te soek as hulle begin huise soek om te koop. Dié kopers is ook meer geneig om tot aksie oor te gaan nadat hulle inligting op die internet bekom het – 76% het verby die eiendom gery of dit gaan besigtig.
Die grootste rede vir dié segment om eiendom te koop is die begeerte om ‘n eie huis te besit en ‘n huishouding te hê (62%). Die segment van die mark neem ook nie net bekostigbaarheid van ‘n buurt waar hulle wil koop in ag nie – hulle is ook besorg oor die gehalte van die buurt en oor die feit of dit gerieflik ten opsigte van hulle werkplekke geleë is.
Hierdie sluit nouliks aan met die neigings wat begin kop uitsteek in die SA mark, soos die hernuwe belangstelling in die binneste voorstede met gevestigde fasiliteite so wel as die hunkering na ‘n eenvoudige lewenstyl in kleiner dorpe.
“Daarby is baie van die nuwe middel-klas, die sogenaamde “swart diamante”, deel van die “Generasie-Y” ouderdomsgroep, so ek het geen twyfel dat dié segment die sleutel hou tot die volgende positiewe mark omkeer nie.”