General

Brand in Marakele

THABAZIMBI – Diegene wat bekommerd was oor die vuur wat tans in Marakele Nasionale Park woed waarvan die vlamme snags van die dorp af sigbaar is, hoef nie verder te tob nie.
Volgens ‘n woordvoerder van Marakele Nasionale Park is hierdie voorbrand vure wat onder toesig gemaak is om erger skade te vermy indien daar ‘n brand sou ontstaan gedurende die droë wintermaande.
Geen noemenswaardige skade is aan weiding aangerig nie.
Twee weke gelede het ‘n reuse veldbrand op Kwaggasvlakte gewoed en so’n weghol-vuur kan groot skade aan die park aanrig as daar nie betyd voorsorgmaatreëls getref word nie.