Behoeftige kinders in Makoppa ontvang speelgoed
MAKOPPA – Die mense van die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing het hul harte oopgemaak en ‘n donasie van sagte speelgoed gemaak aan die behoeftige kinders in die Makoppa omgewing. Legae La Bona is ‘n artikel 21 maatskappy wat gestig is met die doel om die mense van die gemeenskap te help. Ons het vasgestel dat daar ‘n hele paar kinders is wat wees is, maar wel deur ouma’s of tannies grootgemaak word. Die kinders was baie bly oor die speelgoed wat hulle ontvang het. Daar is ook tydens die geleentheid klere aan hulle uitgedeel wat deur Radio Bosveld geskenk was.
Die mense wat die projek lei in die omgewing is Rika de Beer en Julia Matlhodi van Roux Engineering en Thabiso Matlhodi, die NG kerk se sendeling. Gesamentlik doen hulle plaas besoeke waar daar berading gedoen word, hulle word bewus gemaak van God, en opgelei in die verspreiding van seksueel oordraagbare siektes en bekamping daarvan.