Health

Sit die huppel terug in hul stap – Julie is nasionale Hill’s Troeteldier-mobiliteitsmaand

As jou troeteldier hierdie winter styf voorkom of onwillig is om oefening te doen, kan hy of sy aan osteoartritis (OA) ly. Veeartse sê baie eienaars skryf simptome van OA aan die koue of ouderdom toe, onbewus daarvan dat hul diere onnodig ly. Om hierdie situasie reg te stel, is Julie as nasionale Hill’s Troeteldier-mobiliteitsmaand verklaar. Dit sal die kollig laat val op hoe artritis katte en honde raak en wat eienaars kan doen om weer ’n huppel in hul stap te sit.
Osteoartritis is ’n potensiaal verlammend siekte wat gekenmerk word deur inflammasie, pyn en degenerasie van die gewrigte. Dit is die algemeenste oorsaak van chroniese pyn in honde en raak meer as twee derdes van ouer katte. Maar dit is nie net ou diere wat geraak word nie – heup- en elmboogdisplasie is albei vorms van artritis wat van ’n baie jong ouderdom kan voorkom.
’n Hond se simptome is gewoonlik maklik sigbaar en sluit in dat hulle kruppel loop, styf is veral nadat hulle gelê het en onwillig is om trappe te klim, te speel, te hardloop of op iets te spring. Katte is bekend daarvoor dat hulle pyn goed wegsteek en sal baie selde opvallende simptome vertoon. Navorsing het egter getoon dat OA meer as 65% van katte ouer as 12 jaar* en soveel as 20% van alle katte affekteer.1 Sulke diere slaap meer, spring nie meer op na ’n eens gunsteling-lêplek nie, spandeer minder tyd daaraan om hulself te versorg, vermy om gestreel te word en “raak net stadiger”.
Wat moet bekommerde troeteldiereienaars doen? Besoek eerstens jou veearts vir ’n akkurate diagnose. Hoewel daar geen genesing vir OA is nie, kan vroeë ingryping die vordering van die siekte vertraag en gepaste behandeling sal help om pyn te verlig, inflammasie te verminder en beweeglikheid te verbeter.
Conrad Collins van Kaapstad was baie bekommerd toe sy hond China (’n Labrador/Sharpei-kruising) met Graad 4-heupdisplasie gediagnoseer is. “Hy was styf, kruppel en duidelik in pyn.” Hulle het op ’n behandelingsregime besluit wat pynverligtingsmedikasie met gewigbeheer, hidroterapie en Hill’s Prescription Diet j/d (joint disease) gekombineer het. Binne twee tot drie maande was China baie beter. “Hy het nie meer daaglikse pynverligting nodig gehad nie – om die waarheid te sê, hy het drie maande laas medikasie gehad. Dit lyk of China weer sy ou self is. Hy hardloop rond, spring op alles en lyk amper soos ’n hond wat geen heupdisplasie het nie. Dit was ’n dramatiese verandering, soos handomkeer,” het ’n baie dankbare Collins gesê.
“Die vermindering van gewig is die eerste en mees kritiese stap in die verbetering van lewensgehalte,” sê dr. Guy Fyvie, segsman vir nasionale Hill’s Troeteldier-mobiliteitsmaand. “Gewig plaas ekstra spanning op die gewrigte, wat die skade vererger en die uitwerking van medikasie en fisioterapie uitkanselleer.”
’n Eenvoudige verandering van dieet kan ’n reuse-verskil maak. Baanbrekersnavorsing oor voeding het tot die ontwikkeling van Hill’s Prescription Diet j/d, ’n kos wat veeartse en eienaars as ’n “wonderkuur” vir diere met artritis beskryf, gelei. Hill’s j/d bevat voedingstowwe wat ensieme blokkeer wat kraakbeen vernietig. Dit beskerm ook gewrigte teen verdere skade en pyn en verlig inflammasie.
“Gereelde, ligte oefening sal ook help,” sê dr. Fyvie. “En eenvoudige aanpassings in die huis, soos ’n sagte, warm plek om te slaap en maklike toegang tot kos- en waterbakke kan jou troeteldier met artritis meer gerieflik maak.”