Entertainment

Sanger Juan Melvin by skou

THABAZIMBI – Die jong dinamiese sanger, akteur en skrywer, Juan Melvin, ook bekend as die karakter Bill Dawson in die e-TV produksie Jozi Streets, tree op Vrydagmiddag en Saterdagoggend by die Thabazimbi Landbouskou op. Die skou is van 31 Julie tot 2 Augustus by die skougronde in Warmbadweg.
Juan is egter nie net akteur nie en hy reik binnekort sy debuutalbum “Minder is meer” uit. Dit bestaan uit 14 lekker luisterliedjies, waarvan 11 splinternuwe samestellings is. Daar is ook ‘n heropname van Groep 2 se “Ek is lief vir die Wêreld” en ‘n huldeblyk aan Johannes Kerkorrel.
Juan se talente eindig nie daar nie. Hy het in 1998 Melvin Models, ‘n modelskool en –agentskap, begin en honderde aspirant modelle opgelei.
Sy groot liefde is egter musiek. Hy het van kleins af sy familie vermaak met sang en het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos Sonja Herold, Karin Hougaard, Freddie Nest, Nadine, Tobie Cronjé en Rina Hugo.