General

Dorper- en boerbokstoetvee op veiling

MOKOPANE – Bosveld Dorperklub het ‘n Dorper-veiling aangebied by Potgietersrus Veilingskrale op 21 Junie. Stoet Dorpers en stoet boerbokke is opgeveil asook kommersiële diere.
Altesaam 86 stoetdorpers en vier lammers is verkoop vir R178 600. Die ooie met lammers is verkoop teen R2 375 gemiddeld elk (g.e.) met ‘n hoogste prys van R4 000. Die ooie is verkoop teen R1 700 g.e. met ‘n hoogste prys van R5 000 wat betaal is. Ramme het verkoop teen R5 943 g.e. met ‘n hoogste prys van R10 000 wat betaal is.
Die volle boerbokstoet van Marius Prinsloo is verkoop op die veiling. Vir ‘n totaal van 73 stoet boerbokke en 17 lammers is R197 850 betaal. Die ooie met lammers het gegaan teen R3 387 gemiddeld elk (g.e.) en ‘n hoogste prys van R7 150 is betaal. Altesaam 56 ooie is verkoop teen R2 372 g.e. en R4000 was die hoogste bedrag wat betaal is. Twee ramme is opgeveil teen R7 125 g.e..
Die kommersiële Dorpers het gegaan teen R866 g.e. vir die ooie, R1 358 g.e. vir die ooie met lammers en R1 225 g.e. vir die dragtige skaapooie. Die hoogste pryse wat betaal is vir ‘n ooi was R1 300 en vir ‘n ooi met lam(mers) R2 000.
Drie Kalahari Reds ooie is verkoop teen R1 834 g.e. met die hoogste prys van R2 700 wat betaal is.
Willie Roux van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.