Veldbrande
THABAZIMBI – Die winter het nog nie behoorlik sy loop geneem nie en die eerste vure het al kop uitgesteek. Daar was reeds veldbrande op Thabazimbi-berg bokant die reservoir-pad twee naweke gelede en in die omgewing van Marakele het dit verlede Vrydag gebrand. Dié foto is geneem van ‘n oop stuk veld wat Woensdag 18 Junie in die omgewing van die Ou Kommando gebrand het.