Wildveiling in Ellisras
ELLISRAS – ‘n Groot aantal mense het die wildveiling op 14 Junie by die Shorty de Pontes Wildhokke in Ellisras bygewoon, vandaar die goeie pryse wat wild behaal het.
Die diere, wat deur Waterberg Game Dealers gevang is, was in ‘n uitstekende toestand. Daar was ‘n gasverkoper, mnr Manny Goncalves.
In familiegroepe het die bruinblesbokke teen R1 369 gemiddeld elk (g.e.) verkoop, witblesbokke teen R2 259 g.e.(hoogste prys R4 700), blouwildebeeste teen R1 615 g.e., elande teen R4 561 g.e., gemsbokke teen R5 200 g.e., kameelperde teen R18 250 g.e. (hoogste prys R20 250), koedoe teen R1 993 g.e., njala teen R6 500 g.e., rooibokke teen R744 g.e., rooihartebeeste teen R4 028 g.e., sebras teen R5 400 g.e. en waterbokke teen R4 500 g.e. Altesaam 284 individue is as lede van familiegroepe verkoop.
Baie hoë pryse is vir die manlike diere behaal. Blouwildebeeste het gegaan teen R4 800 gemiddeld elk (g.e.), elande teen R10 550 g.e., koedoes teen R7 750 g.e. (hoogste prys R9 250), rooibokke teen R1 500 g.e., swartwitpense teen R50 889 g.e. (hoogste prys R R53 000) en waterbokke teen R9 039 g.e. met ‘n hoogste prys van R11 000 wat betaal is. Altesaam 42 manlike diere is verkoop.
Die volgende wildveiling is op Alldays op 27 Junie. Buffels, swartwitpense, renosters en ander wild sal beskikbaar wees.