Sport

Wenners van Northam Platinum se visvangdag

SETARIA- Die afgelope naweek se visvangkompetisie wat gehou was by die Consentrator dam het voorspoedig verloop en ‘n lekker warm herfsnaweek met die weer wat goed saam gespeel het, het verseker dat die vis ook lekker kon byt..
Van jonk tot oud het deelgeneem en die naweek baie geniet.  Met al die geheime doepas en geheime bestanddele het elke hengelaar die grootste en meeste vis probeer vang. Altesaam 393 visse is ingeweeg.  Die swaarste vis was die barber van 6,810kg wat Ben Strydom uitgetrek het.
Die wenners in die Mansafdeling was Tokkie Burger 1ste, Willie Meintjies 2de en Marius van Vuuren 3de. In die Damesafdeling was dit: Elsie Veldman 1ste, Christien Swart 2de en Joey van Vuuren 3de: Die Juniorwenners was: Arnold Smith 1ste, Jaco Geldenhuys 2de en Jandré du Toit 3de. Die wenners in die Penkoppe afdeling was: Tiaan Gouws 1ste, Theuns Heydenrych 2de en Armand Pretorius 3de.  Daar het ook ‘n troosprys gegaan aan Michael Gouws wat ‘n groot vis gevang en hom in die vangnet gesit het. Toe hy later kyk was die vis weg, maar hy is darem beloon vir sy poging.
Die klub beplan ‘n osbraai vir September en die dagboeke moet maar byderhand gehou word. Meer besonderhede sal later verskaf word.