VLU Northam leer hul kameras ken
NORTHAM –VLU Northam-tak het op 15 Mei hulle maandelikse vergadering gehou waartydens die program vir die res van die jaar bespreek is.
Na die afhandeling van die bespreking het die klem geval op “ken jou kamera”. Baie van ons het ‘n kamera maar weet nie hoe om dit korrek te gebruik nie. Daar is ook baie informasie op die LCD skerm wat vir die gewone gebruiker geen betekenis het nie. Elke lid het haar kamera saamgebring vir die verkenning.
Daar is baie gelag oor die korrekte manier en die verkeerde manier van fotos neem. Die instel van die kamera is ook baie belangrik anders kom die foto nie uit soos jy verwag het nie. Die agtergrond speel ‘n baie groot rol oor hoe en wat die fotograaf na moet kyk voor die “knoppie” gedruk word om die foto te neem.
Met groot belangstelling is daar geluister na die fynere kunsies met die afneem van weerlig , bewegende insekte en sportfotos om maar ‘n paar te noem asook die probeerslae wat as “flops” uitgekom het.
Die dames het die dag baie geniet en na afloop vir ‘n heerlike warm ete aangesit wat deur hulself voorberei is.