Vliegseisoen vir duiwe begin
THABAZIMBI – Die eerste wedvlugte het die afgelope naweek plaasgevind vanaf Delareyville.
Die afstand van 294km is deur die Jaaroud-duiwe teen ‘n gemiddelde spoed van 1219,76 meter per minuut (mpm) afgelê. Die duiwe van Francois Steenekamp het plekke 1, 4, 21, 28 en 31 behaal. Nico van der Westhuizen het plekke 2 en 5 behaal. Glen van Rooyen het plekke 3, 6, 9, 20, 22, en 23 behaal. Albert Vorster se duif was 7de. Annette Steenekamp het plekke 8, 14 en 32 behaal. Johan Prinsloo het plekke 10, 11, 12, 15, 16, 17, 18, 19 en 34 behaal. Nick Oelofse behaal 13de plek. Kiewiet Breitenbach het plekke 24, 25, 26, 27, 29, 30 en 33 behaal.
In die Ope Wedvlug was die gemiddelde spoed 1256,07mpm. Glen van Rooyen het plekke 1, 2, 7, 18, 19, 20, 28, 30, 31 en 32 behaal. Annette Steenekamp het plekke 3, 13, 14, 17, 23, 24 en 33 behaal. Nico van der Westhuizen het plekke 4, 5, 6, 8, 10, 11, 15, 16 en 34 behaal. Francois Steenekamp het plekke 9 en 25 behaal en Nick Oelofse het 12de plek en Kas Schutte 21 plek behaal. Kiewiet Breitenbach het plekke 26, 27 en 35 behaal.
Die puntestand van die vyf voorlopers in Thabazimbi is eerste Glen van Rooyen A met 76 punte, tweede Nico van der Westhuizen A met 74 punte, derde Francois Steenekamp met 70 punte, vierde Annette Steenekamp met 69 punte en vyfde Nico van der Westhuizen B met 67 punte.