General

Toestand by plaaslike lisensiekantoor

THABAZIMBI – Die toestand by die plaaslike kantoor vir motorlisensies is ondraaglik en onaanvaarbaar. Die kantoor moet ‘n baie groot area bedien naamlik Thabazimbi, Swartklip, Dwaalboom en omliggende myne asook swart woongebiede om en by Northam. Die kantoor area is baie klein onder andere, te min beamptes, lang rye, telefone wat aanhoudend lui. Kliënte staan in eindelose rye buite die kantore in son- en reënweer. Daar is geen badkamer geriewe, enige sitplek of afdakke nie, vullisblikke is vuil en ruik sleg. Behalwe motorlisensies word daar ook bestuurslisensies gekry, ook word die klasse waar leerlinglisensies geskryf word in die kantore gedoen. Derhalwe jy ‘n hele dag wag en dit by jou beurt kom, sal die krag af wees, of die rekenaars van lyn af. Afgesien van al die slegte dinge, het ons publiek net lof vir die personeel wat onder sulke omstandighede moet werk.
A Grobler
Swartklip