Skoleruiters sit stewig in die saal
POLOKWANE – By die Sanef Skoleskou wat op 24 en 25 Mei by Kuschke, Polokwane plaasgevind het, het leerders van Frikkie Meyer nege eerste plekke verower. Heelwat tweede plekke is ook behaal.
Hoërskool Frikkie Meyer het vier eerste plekke behaal in die Perdespring-afdeling. Roelien Roets op Corntime en Christoné Greyling op Billy Boy het beide eerste plekke in Level 2 (80/90cm) behaal. Lindie de Beer op Wairwolf het twee eerste plekke behaal in Level 4 (1m/1,1m).
In die Performance Riding Horse-afdeling was Roelien Roets op Corntime en Gillian Trollope op Fluorescent eerste in Level 2. In Level 4 het Suzette de Villiers op Solid Ridge ‘n eerste plek behaal en Lindie de Beer ‘n tweede plek.
In die Working Riding Horse-afdeling was Roelien Roets eerste en Gillian Trollope tweede in Level 2. In Level 4 was Suzette de Villiers eerste en Lindie de Beer tweede in hierdie afdeling.
Liandie Pienaar van Laerskool Van Wykskraal op haar perd Solar Princess het ‘n eerste en ‘n tweede plek in Perdespring Level 2 (70/80cm) behaal. Sy het ook twee tweede plekke behaal in Performance en Working Riding Horse Level 2.
Nog twee skoue lê voor waartydens deelnemers kan kwalifiseer vir die “nationals”.