Bekendstelling van ‘n wetenskaplik ontwikkelde program vir die meting, heropbou en verbetering van verhoudings en selfbeeld.
Die vernaamste aspek wat ‘n persoon, ‘n gemeenskap of ‘n besigheid opbou of afbreek is HOUDING. Houding begin by die persoon self, met ander woorde hoe die persoon himself beleef (selfkonsep) en hoe hy glo hy is (selfbeeld).
Selfbeeld bepaal die houding en ingesteldheid waarmee die persoon sy leefwêreld aandurf.
‘n Negatiewe ingesteldheid word gewoonlik gekenmerk deur simptome van negatiwiteit, moedeloosheid, gebrekkige waaghouding en deursettingsvermoë; spanning; aggressie en swak interpersoonlike verhoudings.
‘n Positiewe ingesteldheid lei tot ‘n positiewe siening en aanvaarding van die persoon self. ‘n Persoon met ‘n sterk selfbeeld handhaaf ‘n geduldige lewenshouding, en is suksesvol in interpersoonlike verhoudings, leef nougeset volgens hoë norme en waarde sisteme en aktualiseer sy potensiaal.
Die selfbeeld her-opbou en verbetering program is gestandaardiseer deur Future 2050 en is geregistreer by die “Health Professional Council” van Suid Afrika. Die program word tans landwyd deur sielkundiges wat die gebruikslisensie het aangebied.
Daar heers groot belangstelling en entoesiasme by skole, kerke, gemeenskapsorganisasies en besighede en word merkwaardige suksesse behaal met onder andere:
* Leerders en studente rakende die verbetering van: aanvaarding van die self; selfvertroue; volharding; verhoudings en groepsdruk; selfdisipliene en akademiese sukses.
* Volwassenes rakende die verbetering van: selfwaarde; interpersoonlike verhoudings; huwelike; ouerskap; verantwoordelikheid en geestelike lewe.
* Besighede rakende die verbetering van: lojaliteit; integriteit; verantwoordelikheid; produktiwiteit en emosionele intelligensie. Die program is ook uitstekend vir die keuring en plasing van personeel.
Die selfbeeld her-opbou en verbeteringsprogram word ongelukkig nie deur alle hoofde van skole as noodsaaklik vir ons jeug beskou nie. ‘n Dringende beroep word gemaak aan kerke, ouerkommittees; jeugorganisasies en skole om met ons hande te vat en sodoende ons jeug toe te rus met die nodige norms en waardes ten einde verantwoordelike lewenskeuses te kan maak.
Die program geniet tans die seen van Mnr Paul Colditz, die nasionale voorsitter van die beheerliggame van Suid Afrikaanse skole. (FEDSAS).
Die lesers word dringed versoek om in te skakel op Radio Sonder Grense (RSG) en saam te praat met Freek Robinson en Dr Dries de Kock oor hierdie program op Woensdag 11 Junie; 08:00 – 09:00.
Vir meer besonderhede skakel gerus:
Dr Frik van der Walt – 015 3077704
Dr Karel Botha – 014 7632858, 082 816 8394, 083 230 2019
