Business

Sanlam word 90

THABAZIMBI – Die personeellede van die plaaslike Sanlam-kantoor het Maandag 9 Junie die 90ste verjaardag van dié versekeringsreus gevier.
Op 8 Junie 1918, net voor die einde van die Eerste Wêreldoorloog, is Sanlam geregistreer as die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens Assuransie Maatskappij. Deur die jare het Sanlam ook verder in Afrika deure oopgemaak, soos in Namibië en Zimbabwe en in 1936 het Sanlam die R1miljoen merk in premie-inkomste bereik.
Die ontwikkeling van tegnologie en ‘n demokratiese bestel in Suid-Afrika is in Sanlam se geskiedenis weerspieël. In die 80erjare word woordverwerkers en rekenaars in gebruik geneem en in 1993 handig Sanlam beheer van Metlife oor aan swart aandeelhouers.
Enige navrae oor beleggings, versekering, lenings ens sal deur die plaaslike Sanlam-personeel beantwoord word. Die kantoor het verskuif na die Spur-gebou en die telefoonnommer daar is (014) 772-3066.