Presteerders van Laerskool Koedoeskop
KOEDOESKOP- Gedurende die vorige kwartaal het verskeie leerlinge van Laerskool Koedoeskop baie goed akademies presteer. Hierdie leerlinge is gedurende die tweede kwartaal aangewys.
Gerdus van der Westhuizen het op 10 Mei te Polokwane uit ‘n groep van 22 kinders sy provinsiale kleure verwerf in rugby. Hy sal vir die provinsie in die komende bondedag wat gehou sal word op 24 Mei te Bela Bela op die veld draf. Al die provinsies vanoor die hele land neem hieraan deel.