General

Oud Bosvelders keer terug

LEPHALALE – Albert en Edna Fernandes het na vier jaar se afwesigheid teruggekeer Bosveld toe.
Hierdie eertydse stedelinge het so ingeburger geraak, dat hulle nou nêrens anders wil woon nie. Edna en Albert het pas ‘n splinternuwe Liquor City in Onverwacht, Lephalale oopgemaak, een van drie winkels wat hulle vir die dorp beplan.
Hulle is baie opgewonde oor die nuwe ontwikkelings in die omgewing en wil graag deel wees van die vooruitgang.
Tydens die opening van die eerste winkel is ‘n weber braaier aan ‘n gelukkige klant, mnr Jan O’Neil oorhandig. Die braaier is geskenk deur mnr Len Barr van Coke Cola. Hulle vennoot in Liquor City uit die stad, Len de Atouguila het kom handjie bysit en vir die gaste iets geskink om die opening te vier.
Edna sê hulle is baie bly om terug te wees en hulle sien uit na die harde werk in hulle nuwe besigheid.