Sport

Nuwe kroeg vir Gholfklub

THABAZIMBI – In die volgende paar weke gaan die ou kroeg van Thabazimbi Gholfklub heeltemal verander word. Lede moet asseblief maar geduldig wees. ‘n Tydelike kroeg is in die sitkamer, voor die kombuis ingerig. Jammer vir die ongerief, maar dit gaan die moeite werd wees.
Saterdag se Beterbal kompetisie is gewen deur Henry Bredenkamp en Louise van Graan met 49 punte. Derek Torlage en Jakkie van der Wateren (46) en Ettiene le Roux en Barend Gerber (41) was ook onder die pryswenners.
Talle kaste in die mans se kleedkamer is onwettig betrek. Alle kaste wat nie teen die end van Junie geïdentifiseer is nie se slotte sal oopgeknip word. Maak asseblief seker dat u so gou as moontlik met Irma reël en u naam wettiglik op u kas kry.
Junie gaan weer ‘n bedrywige gholfmaand wees. Vrydag 6 Junie is dit weer Interaksie. Saterdag 7 Junie se borgdag is uitgestel tot verdere kennisgewing en nou sal daar net gewone IPS gespeel word. Woensdag 11 Junie bied die Duiweklub 9 putjies Naggholf aan na die Pick’n Pay Sundowner. Daar gaan dan ook nog ‘n skaap gebraai word. So kom gerus vir hierdie unieke ervaring. Donderdag speel die Sages op Potgietersrus. Saterdag 14 Junie is dit die maandelikse Slagspel. Op Saterdag 21 Junie kan lede hulle eie maats kies vir die Individuele IPS. Die manne speel weer liga op Saterdag 28 Junie. Hierdie toernooi word op Koro Creek se baan gespeel.