Nuus van Bosveld Posduifklub
SWARTKLIP – In die afdeling vir Jong Duiwe is die afstand van Broedersput teen ‘n wenspoed van 1223,39meter per minuut (mpm) afgelê en in die Ope Afdeling was die wenspoed 1192,14mpm.
Die eerste ses plekke in die Jong Duiwe was soos volg. Eerste was NJ Geldenhuys A (Oppikoppi) met ‘n spoed van 1223,39mpm. Tweede was M&M Hokke teen 1223,27mpm, derde Gejuti B teen 1222,75mpm, vierde Johan Alers B teen 1204,24mpm, vyfde Johan Alers A (Bundu Hotel) teen 1204,08mpm en sesde was Gejuti A teen 1173,41mpm.
In die Ope Afdeling was Johan Alers A (Bundu Hotel) eerste met ‘n wenspoed van 1192,14mpm. Tweede was Johan Alers B teen 1191, 50mpm, derde Herman Redelinghuys teen 1164,16mpm, vierde Johan Alers B teen 1151,08mpm, vyfde Gejuti A teen 1110,5554mpm en sesde was Gejuti B teen 1110,5554mpm.