Netbal struikel oor laaste hekkie

THABAZIMBI- Die afgelope naweek het Hoërskool Frikkie Meyer se netbalspanne in die Limpopo-finaal gespeen teen spanne wat Ben Voster, Florapark, Morhati, Tom Naudè, Warmbad en Louis Trichardt ingesluit het.
Met die 0/15 A span het dit beter gegaan hulle het gewen teen Morhati Secondary 24-6 en wen ook teen Florapark 17-5 in die kwart finaal, maar verloor ongelukkig in die semifinaal teen Ben Voster 14-11.  Die 0/16 A span wen teen Louis Trichardt 12-7 in kwart-finaal en wen ook Warmbad 10-9 in die semifinaal.  Daarna speel hulle die finaal teen Ben Voster en verloor 12-6.  Die span is dan ook die naaswenners van die provinsie en sal speel op die Noordvaal-dag 25-26 Julie. Die 0/19 A span wen die gedugte Ben Voster 28-9 en wen ook Tom Naudè 23-3 in die kwart finaal maar verloor teen PHS (Pietersburg Hoërskool) 14-10 in die semifinaal.
Die rugby het darem vir opwinding gesorg toe die 0/14 B span as ligawenners uit die stryd getree het teen Hoërskool Merensky deur hulle 17-0 te wen. Die span is ook die provinsiale wenners. Die 0/15 B span verloor met 5 punte teen Ben Voster.
Die hokkiespanne het op Pietersburg gaan deelneem en net 1 span kon daarin slaag om hulle wedstryd te wen.  Die 0/16 B span wen teen PHS 2-0 en is ook as die provinsiale wenners aangewys.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.