General

Mike Bolhuis – sekuriteits spesialis en privaatspeurder besoek Thabazimbi.

THABAZIMBI – Mike Bolhuis, ‘n privaat speurder en ‘n kenner van die misdaadsituasie in ons land, besoek op Dinsdag 27 Mei Thabazimbi.  Hy het baie goeie ervaring en kennis van misdaad in Suid-Afrika en is veral ook betrokke by misdaad waar klubs, dwelms en ons jeug betrokke is.
Sy dienste word dikwels ingeroep om sake te help oplos wat onmoontlik lyk om op te los.  Hy het al op Carte Blance verskyn en in koerantberiggewing word dikwels na sy betrokkenheid by die oplos van ernstige sake verwys.
Mike gaan op 27 Mei om 10:00 met die leerlinge by die Hoërskool praat, waarna hy ook met die laerskool kinders gaan praat.  Om 14:00 praat hy met volwassenes in die Bioskoopsaal. Toegang is gratis.
Niemand kan meer onbetrokke staan teenoor die misdaadsituasie in ons land, die verval van waardes en morele agteruitgang nie.  Doen asseblief moeite om te kom luister na ‘n man wat u vanuit ‘n christelike perspektief kan toerus om u kinders, kleinkinders en gemeenskap liggaamlik en geestelik paraat te maak.