Entertainment

KunsteGrot lekker bedrywig

THABAZIMBI – ‘n Heerlike ontspanne gesinsaand word Vrydagaand 30 Mei by Die KunsteGrot aangebied waar Mari se pragtige sang almal gaan vermaak. Daarna is dit lekker lag vir die manewales in “Die Kat Kom Weer!”  Onthou, dis gratis vir ons senior mense. Kaartjies is slegs R50 per persoon en vir kinders R20.
Jak de Priester besoek op 7 Junie die KunsteGrot met sy nuwe produksie  ‘Net ‘n bietjie liefde vir die langpad’. Dis ‘n opvolg op 2007 se “De Priester en een Kerkorrel” en is baie snaaks! “Net ‘n bietjie liefde vir die langpad” handel oor al die fasette van die liefde! Dis rock en roll! Dis blues en soul! Dis guts en derms! Dis ‘n journey oor die een ‘iets’ wat almal laat leef… of ophou leef!  Dis net ‘n bietjie liefde vir die langpad!
Die geleentheid is ook die verjaardagvieringe van die KunsteGrot met ‘n heerlike skaapbraai en roosterkoek.  Bespreek dadelik aangesien sitplekke beperk is.
Kaartjies kos R120 per persoon. Kontak 083 744 8559 vir besprekings en verdere inligting.