Kleuters kuier oppie plaas
THABAZIMBI – Gedurende Meimaand het die kleintjies van die Thabazimbi Kleuter Akademie heelwat geleer oor diere en besoek afgelê by allerhande interessante “diere”-plekke. Hulle het van wilde diere, plaasdiere en troeteldiere geleer.
Vroeg in die maand het ongeveer 70 kleuters van die Kleuter Akademie die geleentheid gehad om wilde diere in lewende lywe te besigtig toe hulle die Marakele Nasionale Park besoek het. Hulle is op ‘n wildsrit geneem en het, onder andere, sebras, renosters, kameelperde, rooibokke, koedoes en blouwildebeeste gesien. Die toegang was gratis en hulle is vreeslik dankbaar teenoor die opleidingsbeampte wat hulle op die wildsrit geneem het.
‘n Week later het hulle plaasdiere besigtig by ‘Nader Gastehuis. Hier was eende, ganse, varke, bokke, hasies, donkies en skape in hokke en kampe wat hulle op hul tyd kon bekyk. Die personeel van Kleuter Akademie is baie dankbaar vir die gasvryheid van die ‘Nader-personeel.
Die kleintjies het ook die afgelope maand ‘n draai gemaak by die plaaslike troeteldierwinkel, en kon ook nie uitgepraat raak daaroor nie. Hulle is ook touwys gemaak oor die versorging van troeteldiere.