Idols 2007 se nr 3 by skou
THABAZIMBI – Munro du Toit, derdeplekwenner van Idols 2007, tree ook op by vanjaar se Landbouskou, Thabazimbi.
Munro, ‘n matrikulant van George, is al van jongs af gerig op ‘n loopbaan in die musiekwêreld. Reeds in Graad 9 het hy sy eerste orkes op die been gebring. Hoewel hy ‘n kwalifikasie het in bemarkingsbestuur, maak hy ‘n lewe uit musiek.
Hy was reeds professionele musikant in Kaapstad en tree tans saam met sy orkes “Alpha Bell” op regoor die Wes- en Oos-Kaap. Hy word beskryf as “rocker”. Sy eerste CD word binnekort vrygestel.