General

HFM uitslae vir wintersport, tennis en redenaars

THABAZIMBI – Hoe verder die seisoen vorder hoe beter vaar Hoërskool Frikkie Meyer se wintersport-spanne. Vier dogters van HFM het provinsiale kleure in hokkie verwerf.
Lize de Villiers het die o/18A- Limpopo-hokkiespan gehaal en Yolandi van Tonder en Annaré Erasmus die o/18B-span. Anri Prinsloo het vir die 0/16B-span uitgedraf. Hulle het op 13 Mei in Pietersburg teen sterk teenstanders deelgeneem aan die provinsiale proewe.
Op 17 Mei het HFM rugby-, netbal- en hokkiewedstryde gespeel teen Warmbad Hoërskool in Thabazimbi. Die rugby het 5 wedstryde gespeel en 4 gewen. Die o/14A, o/16A, 2de en 1ste spanne het hulle wedstryde gewen.
Met die netbal het dit net so goed gegaan; daar is 4 wedstryde gespeel en almal is gewen. Die o/14A, o/15A en -B en  o/16A wen ook al hulle wedstryde.
Die hokkiespanne het effens kleigetrap. Van hul 4 wedstryde het hulle 1 gewen, 1 gelykop gespeel en 2 verloor. Net die 1ste span kon daarin slaag om hul wedstryd te wen met 6-0.
Op 15 Mei het HFM-leerders aan ‘n redenaarskompetisie in Nylstroom deelgeneem. Die leerders het almal sertfikate ontvang vir hulle deelname. Die senior-deelnemers was Amanda Venter, Charize Nigrini, Anicia Roos en Jeni Noite en die junior-deelnemers was Lionel Potgieter, Chantelle Griffin, Ilze Kruger en Hester van der Westhuizen.
Op 19 Mei het HFM tenniswedstryde teen verskillende skole gespeel en al hul wedstryde gewen. Die seuns 1ste span het teen Hoërskool Hartebeespoort gespeel, die dogters 1ste span teen Hoërskool Brits en die seuns 2de span ook teen Hoërskool Brits.
Op 14 Mei het die netbaldogters deelgeneem teen Hoërskool Nylstroom en al 7 hul wedstryde gewen. Die eerste span het met ‘n reuse telling van 50-15 met die louere weggeloop. Die o/14A en -B, o/15A, o/16A, o/17A en die 2de span het almal met goeie tellings gewen.
Die rugbyspanne het op dieselfde dag teen Hoër Tegniese Skool Rustenburg gespeel. Daar was 7 wedstryde gespeel 5 gewen, 1 verloor en die 1ste span het gelykop gespeel 15-15.