HFM netbal hou die skool se naam hoog
THABAZIMBI- Netbalspanne van HFM het hulself mooi van hulle taak gekwyt en as ligawenners uit die stryd getree.
Tien spanne het op Nylstroom gaan speel en agt van die spanne is ligawenners van die streek. Die A-spanne speel elk twee wedstryde waarvan hulle almal wen. Die 0/14 A wen teen Settlers 19-9, o/15 A wen 20–11 teen Ellisras, 0/16 A wen Warmbad 15-9 en die 1ste span wen 35-16 teen Nylstroom.
Die 0/14 A en B, 0/15 A en B, 0/16 A en B, die 2de en 1ste spanne is almal ligawenners. Die 4 A-spanne gaan Saterdag 14 Junie aan die Limpopo finaal deelneem.
Die rugbyspanne het opdraende gekry met hulle wedstryde teen Hans Strijdom. Daar was vyf wedstryde gespeel en net die tweedespan kon daarin slaag om ‘n gelykop telling, 9 elk, te behaal. Die 0/14 A, 0/15 A, 0/16 A en die 1ste span verloor hulle wedstryde.
Die hokkie het beter vertoon in hulle wedstryde teen Hans Strijdom. Van hulle vyf wedstryde wen die 0/14 A en 0/15 A hulle wedstryde, die 2de span speel gelykop en die 0/16 A en 1ste span verloor hulle wedstryde.