General

Greater Kuduland wildveiling groot sukses

TSHIPISE – Wildkopers het, ten spyte van die hoë brandstofpryse, van heide en verre gery om die veiling van Greater Kuduland Safaris naby Tshipise by te woon.
Greater Kuduland Safaris-wildveiling is die oudste in Suid-Afrika en gevolglik is die diens uitstekend. Die diere was in ‘n uitstekende kondisie en goed versorg.
R1 187 500 is betaal vir 478 stuks wild wat tydens die veiling verkoop is en R1 568 000 vir 19 skaars wildsoorte wat per katalogus verkoop is. Die totale omset was R2 755 000.
Die 19 diere wat per katalogus verkoop is, was 10 bastergemsbokke teen R80 000 gemiddeld elk (g.e.), 3 basterhartbeeste teen R11 000 g.e., 3 siektevrye buffels teen R135 000 g.e. en 3 swartwitpense teen R110 000g.e..
Die duurste kameelperd in ‘n familiegroep is verkoop teen R18 500 vergeleke met die gemiddelde prys van R15 800, ‘n verskil van R2 700. Die ander spesies het geen groot verskille getoon tussen die hoogste pryse wat vir familie-eenhede betaal is  en die gemiddelde prys per dier nie.
Twee-en-vyftig blouwildebeeste is verkoop teen R1 928 gemiddeld elk (g.e.), 5 dassies teen R250 g.e., 42 elande teen R4 809 g.e., 63 gemsbokke teen R5 100 g.e., 8 kameelperde teen R15 800 g.e., 36 koedoes teen R2 170 g.e., 232 rooibokke teen R656 g.e. en 9 waterbokke teen R5200 g.e..
Die volgende manlike diere is verkoop. Vyf blouwildebeesbulle is verkoop teen R3 900 gemiddeld elk (g.e.), 8 elande teen R5 500 g.e. (hoogste prys: R7 000), 10 gemsbokke teen R5 400 g.e., 2 koedoes teen R5 500 g.e., 4 Livingstone elande teen R7 100 g.e. en 2 sebras teen R6 100g.e..