Goed gemotoveerde Thaba wen Rhinos
THABAZIMBI – Die Rhinos rugbyspanne van Northam Plats wat Saterdag teen Thabazimbi gespeel kon nie die mas opgekom teen twee baie goed gemotiveerde spanne nie.
Thaba se tweede span het met 31-0 gewen,wat nie regtig ‘n ware weergawe van die spel is nie.Die twee spanne was baie nader aanmekaar, maar swak verdediging aan die Rhinos se kant het dit baie makliker vir Thaba gemaak om met die bal te baljaar. Die slot Dawid Naude het sy hart uitgespeel en was die veld vol. Die plaasvervanger loskakel Rickus Pistorius was vlymskerp op die aanval en hy het die Rhinos deurmekaar gehardloop.
Die eerste span van Thaba was reg vir die wedstryd en het van meet af die pap dik aangemaak voor. Hulle het ook ‘n groot deel van die eerste helfte kamp opgeslaan in die Rhinos se halfgebied en halftyd het hulle gedraai met die telling 11-0 in Thaba se guns.
Die tweede helfte het die Rhinos beter begin speel maar weer laat skiet gee toe Thaba ‘n bal onderskep het en onder die pale gaan druk het. Die laaste tien minute was die Rhinos sterk in die prentjie en het met twee drieë geslaag. Die manne van Thaba wen die wedstryd met 23-12
As mens na die wedstryd kyk en ‘n opsomming maak dan lyk dit of dit die twee beter spanne van Waterberg is wat Saterdag teenmekaar gespeel het en of dit die twee spanne is wat die tempo gaan aangee in die liga.
Daar was ook bietjie geskiedenis gemaak in rugby in die Waterberg toe die twee Engelbrecht broers James (Thaba) en (Brandt) Rhinos teenmekaar gespeel het, albei in die nommer 10 trui van hulle spanne en albei ook Onderkaptein van hulle onderskeie spanne. Dan is die pa, Jan Engelbrecht, afrigter van Rhinos sedert die begin van die jaar en die vorige paar jaar ook die afrigter van Thaba rugby klub.
Hierdie Vrydag speel Rhinos tuis teen Nylstroom en Thaba speel weg teen Phagamen.