Geslaagde wild inligtingsdag by Obaro
THABAZIMBI- Geslaagde wild inligtingsdag by Obaro
Obaro Thabazimbi het ‘n wild inligtingsdag aangebied op 12 Junie 2008. Daar was verskeie gassprekers: Louis Greeff, veearts by Medivet, het die boere se kennis opgeskerp deur hulle breedvoerig in te lig oor praktiese siektebeheer – simptome, behandeling en voorkoming. Naas Steenkamp het Virbac verteenwoordig en inligting oorgedra aangaande dieregesondheid en verskeie produkte, asook oor die beste produkte wat tans beskikbaar is. Ems Strydom van Wes Enterprises se praatjie het oor boskos gegaan, die verskille tussen blaar- en grasvreters, die voordele van tanien, wanneer tanienvergiftiging voorkom en oor proteïnvlakke. Gerhard Niehaus van WES Agri het uitgebrei oor bosverdigting en selektiewe bosbeheer. Hy het verduidelik wat bosverdigting is, die gevolge van bosindringing en die uitwerking van bosverdigting uit ‘n ekologiese oogpunt. Coert Steynberg van Wildlife Ranching SA het afgesluit. ‘n Heerlike rooibokpotjie het gevolg met watertand gebakte kaas-en-uie brood. Uiteraard was die dag ‘n volslae sukses!