ERA Konferensie 2008
Dit was weer tyd vir die jaarlikse ERA Konferensie te Champagne Sport Resort in sentraal Drakensberg, Kwazulu Natal vanaf 12 tot 14 Mei.
Kantore en agente regoor Suid-Afrika het hierdie “prestige” geleentheid bygewoon. Die doel van die Konferensie is om die TOPAGENTE en kantore van ERA SA te beloon vir hulle uitmuntende prestasies . Daar was verskeie afdelings en dit het gewys dat ERA besig is om ‘n huishoudelik naam te word. Agente ontvang ook opleiding en kursusse tydens die spog geleentheid.
CEO, Gerhard Kotze van ERA SA het ook die nuwe bemarking strategie vir die volgende jaar bekendgestel. Tydens hierdie geleentheid is die bekendstelling van ERA se TV veldtog geloots. Die advertensie sal tydens die Super 14 Rugby seisoen op Super Sport 2 en M-net uitgesaai word.