Dief betrap by Konstructica
THABAZIMBI – ‘n Dief is deur die polisie in hegtenis geneem Saterdag 31 Mei omstreeks 19:00 nadat hy by Konstructica ingebreek het.
Die vermeende dief is deur ‘n lid van die publiek gesien toe hy die voordeur van Konstructica met ‘n sementblok stukkend gooi en die eiendom betree.
Die polisie is ontbied en die dief het homself vermoedelik in die plafon versteek. Hiervandaan het hy een van die polisie-offisiere met ‘n plantpot probeer bykom, maar hy is vasgekeer en in hegtenis geneem.
Die verdagte kom van die Mafikeng-gebied in die Noordwes Provinsie en het in die hof verskyn op ‘n klag van huisbraak. Hy is steeds in aanhouding.