General

Bonsmaras opgeveil

VAALWATER – By ‘n Bonsmara-veiling deur Bosveld Bonsmaraklub by die Vaalwater Veilingskrale op 10 Junie is 55 stuks stoetvee en 6 kalwers vir ‘n totaal van R1 154 500 verkoop.
Altesaam 179 kommersiële beeste en 22 lammers is teen R1 157 600 verkoop.
Ses-en-twintig stoetbulle is verkoop teen R31 577 gemiddeld elk, met ‘n hoogste prys van R61 000 wat behaal is. Ses stoetkoeie met kalwers het teen R12 750 gemiddeld per eenheid verkoop. Die hoogste prys wat vir ‘n koei en kalf betaal is, is R18 000.
Vyf stoetkoeie is teen R12 000 gemiddeld elk verkoop en 18 verse teen R10 944 gemiddeld elk. R14 500 is die hoogste prys wat vir ‘n vers betaal is.
In die kommersiële afdeling is 52 koeie verkoop teen R6 725 gemiddeld elk en R9 600 is die hoogste prys waarvoor een verkoop is. Die koeie en kalwers (22 pare) het gemiddeld teen R7 750 verkoop en ‘n hoogste prys van R9 600 is vir ‘n paar betaal. Altesaam 105 verse is vir R6 070 gemiddeld elk verkoop. Die hoogste prys vir een was R8 100.
Die afslaer was Mike Killassy van Vleissentraal Bosveld, Potgietersrus.