Thabazimbi legende oorlede
THABAZIMBI – Mev Belle Milner is Saterdag die 10de Mei 2008, na ‘n kort siek bed op die ouderdom van 96 oorlede. Sy is op Sondag 11 Mei in Pretoria begrawe. Mev Milner is in Piketberg gebore en het haar man Louis Milner in Rustenburg ontmoet en is in 1935 getroud. Mnr Louis Milner het homself in 1930 in Thabazimbi gevestig en het die besigheid Vliegpoort Handelshuis begin. Mev Milner, was 62 jaar woonagtig in Thabazimbi voordat sy na ‘n ouetehuis in Pretoria verhuis het. Die egpaar het vier kinders (2 seuns en 2 dogters) gehad. Lee, een van die dogters, is op 6 jarige ouderdom oorlede. Mervyn, haar oudste seun, is al 70 jaar woonagtig in Thabazimbi en Eric is ‘n sakeman in Johannesburg en Analee is ‘n mediese Professor by die Akademiese Hospitaal in Pretoria. Sy laat 3 kinders, 5 kleinkinders en 3 agter kleinkinders na.