Sanparks uniek in die wêreld

THABAZIMBI – Sanparks Noordelike streek het Vrydag 18 April hul jaarlikse toekennings by Marakele Nasionale Park by Thabazimbi aangebeid. Dit is die tweede keer in die geskiedenis van Marakele dat die eer hulle toekom om hierdie toekennings hier plaaslik aan te bied.
Bai besoekers word tydens hul eerste besoek verras deur die diversiteit wat arakele nasionale park bied. Marakele kan ook beskryf word as die hoogland van die Limpopo Provinsie. Juis hierom was dit van die uiterste belang om die sponsgebiede, wat ‘n groot bydrae lewer tot die konstante watervoorsiening aan die laerliggende gedeeltes, te bewaar. Marakele is nog nie so bekend onder die algemene toeriste nie en baie ry toevallig daar verby, sien die naamborde langs die pad en besluit om in te loer.
‘n Park bedryf nie homself nie maar het die insette van mense nodig, veral mense wat bereid is om daardie tikkie ekstra te doen om te verseker dat die park ten beste kan funksioneer.
In sy toespraak tydens die funksie het mnr Glenn Phillips, Direkteur Toerisme en Ontwikkeling – SanParks, daarop gewys dat daar geen soortgelyke bewaringsinstansie soos SanParks in die wêreld bestaan nie. SanParks staan in diens van die mense en die wêreld. Dit beskik oor die grootste Kransaasvoëlkolonie in die wêreld.
Hy het ook daarop gewys dat ongeveer 4,7 miljoen besoekers die afgelope jaar van SanParks gebruik gemaak het. Hierdie toekennings wat gemaak word gaan aan mensewat die passie het om te doen wat hulle moet doen.
Elke werknemer verdien om gelukkig te wees. Hierdie tydjie op aarde is kort en hy het dan ook ‘n beroep op die werkers gedoen om ten volle gebruik daarvan te maak.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.