General

Oud-Yskorman oorlede

KOEDOESKOP – Gert Snyman, ‘n bekende en ou inwoner van Thabazimbi, is op Vrydag 2 Mei in die Medi-Kliniek in Brits oorlede aan ‘n hartaanval. Hy is Donderdag 8 Mei uit die Hervormde Kerk, Thabazimbi begrawe.
Volgens familielede was hy redelik gesond tot kort voordat hy in die hospitaal opgeneem is. Behalwe vir siektes wat so saam met die ouderdom ontwikkel, emfiseem, suikersiekte en hoë bloeddruk, was hy nog redelik gesond. Hy was egter in die hospitaal toe hy aan die hartaanval beswyk het.
Gert het as’t ware saam met Thabazimbi groot geword. Hy was vir 32 jaar lank by die destydse Yskor en is sedert sy aftrede in die 1990’s op sy plaas aan’t boere met varke en hoenders. Die plaas, Grootkuil, was sy eintlike liefde en hier het hy diep spore getrap en was hy gelukkig. “Hier het hy sy plekkie in die son gevind,” sê sy familie.
Gert laat sy vrou, Susan, en kinders, Lettie, Francois, Gert, Eduard en Ria, en vyf kleinkinders agter.