Lekker saamsingmusiek eersdaags by die KunsteGrot
THABAZIMBI – Die KunsteGrot bied op 30 Mei ‘n “2-in-1” aan. Mari sing vir oud en jonk, in ‘n verskeidenheid musiekstyle. Haar musiekgenre, wat meestal uit Afrikaanse treffers saamgestel is, behoort nie net die kultuurhonger-vrate te imponeer nie, maar ook Jan Alleman te laat saamsing. Elke lid van die gesin sal genot daaruit kan put en dis werklik heerlike gesinsvermaak.
RiVoToneel bied dieselfde aand ‘n super-snaakse komedie net vir jou aan, naamlik “Die Kat Kom Weer”. Kaartjies vir hierdie twee spesiale vertonings beloop R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Seniors kan die vertonings gratis bywoon maar bespreking vooraf is noodsaaklik.
Op 7 Junie vier die KunsteGrot sy tweede bestaansjaar. Kom vier dit saam met Jak de Priester wat ook met die opening optree. Na die vertoning is daar ‘n heerlike skaapbraai-en-roosterkoek onthaal.
Al die sitplekke moet bespreek word en kaartjies vir hierdie geleentheid beloop R120 per persoon. Kaartjies is beperk, bespreek dus nou om teleurstelling te voorkom by 083 7448559.