Gholfdae ten bate van Cansa
THABAZIMBI – Vier gholfdae ten bate van KANSA word gesamentlik deur Sanlam en Kansa aangebied binne die volgende maand. Saterdag 10 Mei word die eerste gholfdag op Amandelbult aangebied, op 17 Mei op Rooiberg, op 24 Mei op Thabazimbi en op 31 Mei op Swartklip.
Hierdie gholfdae is ‘n jaarlikse instelling en Sanlam beoog om landswyd R2,5miljoen met gholfdae in te samel in die stryd teen kanker. Deelnemers aan die Sanlam-Kansa gholfdae kwalifiseer vir groot pryse wat landswyd uitgeloof word. Die hoofprys is ‘n R80 000 persoonlike belegging by Sanlam en twee TaylorMade-gholfstelle kan ook gewen word.
Pryse wat tydens die gholfdae gewen kan word, sluit in wild wat op veilings geskenk is vir Kansa-fondsinsamelings.
Volgens die organiseerder, Linda Prinsloo, word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die gholfdae te ondersteun. Enige navrae of bydraes wat besighede of individue wil doen, kan aan Linda gerig word by 082 416 8059. Sy kan ook op kantoor geskakel word by (014) 772 3066. Vir inskrywings kan die klubs gekontak word.