Sport

Bosveld Superrugby aand met Kobus Wiese

THABAZIMBI – Kom geniet ‘n onvergeetlike Bosveld Superrugby aand saam met Kobus Wiese (voormalige Springbok en Transvaal rugby held), Willem Strauss en verskeie ander rugby legendes op 30 Mei 2008 in die Bioskoopsaal in Thabazimbi.
Vir die eerste keer in Thabazimbi se geskiedenis gaan ons plaaslike rugbykenners ook die kans hê om vrae te vra aan die “paneel“ – vrae oor toeka se rugby, nou se rugby en ook sommer more se rugby!
Die Bosveld Superrugby aand word vooraf gegaan deur ’n gholfdag, waar die manne uit die voorwêreld kan begin om Bosveld gasvryheid te ervaar. Saterdagoggend gaan die Legendes ’n rugbykliniek vir die klein Bulletjies van die omgewing aanbied waarna ’n reuse Bulletjiedag volg.
Daar is ’n groot opbou tot die hoogtepunt van die dag naamlik die  Blou Bul Legends vs Iscor Legends (Thaba) – iets om nie mis te loop nie.  Wonder watter een van die ou-man-spanne gaan wen?
Om tafels te bespreek of om enkelkaartjies te koop na die Bosveld Superrugby aand, of indien u enige ander navrae het, kan u vir Nelmarie Schutte by 073 164 5105 of Gustav Grobler by 083 264 8876 skakel.