Bonsmara veiling
BELA-BELA – By ‘n veiling wat deur die Langley Bonsmara Vennootskap by die Warmbad Veemark gehou is, was die omset vir 77 stoetvee en 17 kalwers R772 250. ‘n Addisionele bedrag van R479 500 is betaal vir 68 stuks kommersiële beeste en 22 kalwers.
Sewe stoetbulle teen gemiddeld R19 357 elk is verkoop. Die hoogste prys wat vir ‘n bul betaal was, is R30 000. Altesaam 26 stoetkoeie is verkoop teen gemiddeld R8 981 elk met ‘n hoogste prys van R12 000 wat betaal is.
Die stoetverse het teen gemiddeld R7 954 elk verkoop met ‘n hoogste prys van R11 500 wat betaal is. Die 17 koeie met kalwers het teen sowat R11 000 elk verkoop. Die hoogste prys wat vir ‘n stoetkoei en –kalf behaal was, is R15 000.
Die kommersiële koeie het teen gemiddeld R6 662 stuks verkoop, met R9 000 die meeste wat betaal is vir ‘n individu. Nege-en-twintig verse is teen gemiddeld R6 552 elk verkoop. ‘n Hoogste prys van R8 250 is betaal vir een van die verse. Twee-en-twintig koeie met kalwers is teen gemiddeld R8 011 verkoop. Die hoogste prys vir ‘n paar was R9 250.
Die totale omset van die veiling was R1 251 750. Die afslaer was Koot van Staden van Vleissentraal Bosveld.