‘n Eden in die kleine…
Die Kransberg Hoogland eko leefstyl projek is ‘n inisiatief wat ‘n aantal jare terug deur EcoZa begin is en algaande besig is om momentum op te bou. Fase 1, Berg & Stroom, is verlede jaar reeds geproklameer en konstruksie en bouwerk sal gedurende die komende wintermaande begin.
Berg & Stroom is minder as 30 minute buite Thabazimbi op die Bakkerspas/Alma pad. Die natuurskoon van die omgewing slaan mens se asem weg. Die bergstrome en rotspoele en die indrukwekkende Kransberg kranse, wat bo-oor alles uittroon en wat elke uur van die dag en elke dag van die jaar van aansig verander, het aanleiding gegee tot die naam van Berg & Stroom, maar daar is meer as net dit. Daar is ‘n asemrowende skeur in die suidelike eskarp waar die plato voor jou voete wegval en waar jy letterlik staan en uitkyk oor die Bosveld daaronder. Die klimaat is matig met dagtemperature wat in die somer tot 8 grade koeler is as Thabazimbi. Die fauna en flora is tipies Waterberg met ‘n groot verskeidenheid unieke boom en voëlspesies.
Berg & Stroom is ‘n intieme en uiters eksklusiewe ontwikkeling met slegs 15 eenhede. Voornemende eienaars bekom ‘n Saaklike Reg (“Real Right”) om ‘n terrein-spesieke en unieke argitektonies ontwerp op ‘n spesifieke bouperseel te bou en as ‘n Deeltitel te registreer. Die argitektoniese styl is “Alternative/Contemporary Mountain Cabin” met ‘n sterk artistieke aanslag. Die argitek, Robin McIntosh van Intersect Architects, het fisies vir elkeen van die geallokeerde boupersele ‘n unieke plan opgetrek. Nie een van die persele grens aan ‘n ander nie en elke eienaar se privaatheid word gewaarborg deur middel van Berg & Stroom se streng gedragsreëls en die feit dat elke eienaar sy eie addisionele area van eksklusiewe gebruik rondom sy huis sal besit.
Meeste van die eenhede is lankal reeds gereserveer, maar daar is ‘n beperkte aantal eenhede wat nou eers in die mark geplaas word. Die eenhede word as plot & plan bemark en pryse wissel vanaf R390,000 opwaarts. Kontak Anita Barnard op 083 449 6733 / 014 772 2628, besoek ERA Eiendomme se kantoor, of die webwerwe www.era.co.za en www.ecoza.net/kransberg.