General

Laerskool Thabazimbi neem deel aan Super 12

FLORIDA – Laerskool Thabazimbi se rugby-, netbal- en skaakleerlinge het Vrydagoggend vroeg in die pad geval en Florida toe vertrek vir die deelname aan die Super 12 kompetisie vir Laerskole.
Die kompetisie is by Laerskool Florida te Roodepoort gehou. Die rugbyspanne het met gemengde welslae huistoe gekom.  Die o/9, o/10, o/11 en die 1ste span het deelgeneem. Die o/9 span het twee wedstryde gespeel waarvan hulle een gewen het en een verloor het. Hulle is as die groepwenners aangewys. Die o/10 span het ook twee wedstryde gespeel een gewen en een verloor. Die o/11 span het hulle eerste wedstryd gelykop gespeel en wen hulle tweede wedstryd. Die span is ook as die groepwenner aangewys. Die 1ste span het albei hulle wedstryde gewen en is ook  as die groepwenner aangewys.
Met die netbal het dit nie so baie goed gegaan nie. Daar was wel baie deelname maar die resultate is nie wat die skool voor gehoop het nie.
Wat die skaak aanbetref het Laerskool Saamtrek van Klerksdorp ‘n baie gedugte span saamgebring en die toernooi gewen. Die punte was as volg Saamtrek 15 Florida 10 ½ en Thabazimbi 4 ½. Dit was vir die leerlinge ‘n voorreg om teen sulke gedugte spelers te kon speel en die leerders het baie geleer. Jackie Nqubeni, die afrigter tydens die toernooi, is self ‘n internasionale skaakafrigter. Nadat almal klaar gespeel het, het Juffrou Hantie Voster hom gevra of hy nie vinnig vir die leerlinge ‘n skaak les kon gee nie. Hy het ingestem en het die kinders baie geleer.
Die skool se skaakspelers het ook verlede Donderdag ‘n toernooi by Laerskool Platina bygewoon en daar as wenners uit die stryd getree. Die punte telling was 36:11 en 37:13.