THABAZIMBI – Die wenners van vanjaar se Wildspotjiekoskompetisie wat tydens die Thabazimbi Expo aangebied word gaan met ‘n paar mooi pryse wegstap.
Obaro Thabazimbi en Dwaalboom het Cadac kombinasie koelbokse ter waarde van R2000 geskenk. Daarby is daar nog fantastiese steakmesse en vurke ter waarde van R1360. Die bestuur by Shoprite het hampers bygedra en daar is ook nog twee mini hi-fi’s op die spel.
Johan Muller van “On Track”, die nuwe toerisme kantoor in Thabazimbi, het ‘n paar dae se verblyf by lodges in die omgewing ingegooi en die moontlikheid vir ‘n wegbreek-naweek vir die hele wenspan is ook nie uitgesluit nie.
Ysterberg kelders het ‘n paar bottles wyn bygedra en dan is daar ook nog koopbewyse en kontant geskenk deur Afgri en Rhino Linings.
Daar sal seker nog ‘n paar pryse by hierdie lys gevoeg word, genoeg om dit die moeite werd vir al die geswoeg om die potjies te maak.
Die beoordelaars vanjaar is Pieter Koen, Piet Planter en Faan Hanekom (Obaro Thabazimbi).
Daar is nog plek vir spanne om in te skryf. Kry jou inskrywingsvorm by Die Kwêvoël kantoor in Tweedelaan Thabazimbi of stuur ons jou e-pos adres, dan stuur ons dit soontoe. Vir navrae skakel Pieter Coetzee by 014 777 1621 gedurende kantoorure.
Inskrywingsfooi beloop R50 per span van verkieslik 4 of minder. Jou vriende en familie is baie welkom om saam met die span te kuier.
