Fondse vir matriekafskeid
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Graad 12’s kan ‘n uithaler matriekafskeid verwag, want die Graad 11’s is reeds druk besig om fondse in te samel vir dié funksie later vanjaar.
Die Graad 11-leerders beplan om alles in te sit vir hierdie groot geleentheid, maar daarvoor word fondse benodig. Vier fondsinsameling-aksies word beoog vir Mei-maand.
Die jaarlikse Frikkie Meyer Borgskap Gholfdag vind vanjaar op Donderdag 8 Mei by Zebula Country Club (vroeër bekend as Mabalingwe) plaas. Slegs enkele plekke is nog beskikbaar vir inskrywings. Vir enige verdere navrae kan mnr G Schoeman by tel (014) 772-1557 geskakel word.
Op die 13de Mei is daar ‘n kunsuitstalling by HFM se lapa om 18:30. Verskeie bekende, asook minder bekende kunstenaars, se werk sal besigtig kan word. Kaartjies is R50p.p. wat ‘n vingerete en wyn insluit. Vir navrae in verband met die kunsuitstalling of om kaartjies te bekom kan mev A Erasmus by 083 701 8355 geskakel word.
Die groep Klopjag tree op in die HFM-skoolsaal op 20 Mei om 19:00. Die kaartjies is R45p.p. en verversings sal pouse te koop aangebied word. Kaartjies is beskikbaar by HFM se algemene kantoor.
Op 31 Mei word ‘n aand van musiek-pret by die bioskoopsaal gehou. Dit neem die formaat van ‘n “Noot vir Noot”- speletjie aan. Groot pret en groot pryse word beloof. Die persoon wat meer inligting hieroor het, is Anabel Tromp by Absa en haar telefoonnommer is (014) 777 4615 by die werk of 073 915 4919. Haar man, Klaas Tromp, kan ook geskakel word by 083 483 7522.