Kom daag die bosvelders uit by die Boogskietkompetisie

THABAZIMBI –  Die boogskietkompetisie gaan vanjaar op Saterdag 3 Mei 2008 tydens die Thabazimbi Expo plaasvind. Belangstellendes kan inskryf vanaf  07:30 tot 13:30 by die SA Jagtersvereniging se skietbaan in Thabazimbi.
Die kompetisie sal onder die reëls en toesig van gekwalifiseerde boogjag instrukteurs plaasvind.  Teikens waarna geskiet sal word sluit in 2D- en 3D teikens wat strategies geplaas sal word op afstande wat sal wissel vanaf 10 tot 60 jaard vir senior skuts en korter afstande vir juniors en “cubs”.
Die inskrywingsgeld sal R80-00 beloop. Verskeie pryse word aangebied,  onder andere jagpakette. Die pryse sal volgens SABA reëls toegeken word wat behels dat enige skut wie ‘n puntetotal van 70% en hoër behaal sal kwalifiseer vir die prystrekking. Daar sal wel toekennings wees vir die eerste drie posisies van elke kategorie .
Navrae kan gerig word aan Fred Smith by 082 579 1174 of Nico Engelbreght by 084 713 6603.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.