General

Is jou geweer ingestel?

THABAZIMBI –  ‘n Jaggeweerskietkompetisie word op Saterdag 3 Mei by die Thabazimbi Jagtersvereniging se skietbaan as deel van die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo aangebied. Hierdie kompetisie is jaarliks een van die hoogtepunte van die fees.
Bekende skuts neem deel en dit dien as goeie voorbereiding vir die komende jagseisoen.
‘n  Vyf skoot “Jakkalstabel” 300m kompetisie word op baan een aangebied. Op baan twee sal die agt skoot “Rooibok en Blouwildebees” 100m en 200m kompetisie plaasvind en die gesogte grootgeweer kompetisie op baan drie waar skuts met ‘n minimum kaliber van 9.3 x 62mm en ‘n minimum koeëlgewig van 285g oor ‘n maksimum afstand van vyftig meter op drie teikens teen tyd moet skiet.  Geen dooierus of dooierus toerusting mag gebruik word nie behalwe ‘n gewone geweerband.
Daar word ook ‘n  .22  baan met silhoette vir oud en jonk ingerig. Die silhoette word gerangskik van groot na klein en beloof om die skut lekker bedrywig te hou.
Belangstellendes benodig hulle eie wapens, ammunisie , stoel, sonbrandmiddel, oog en oorbeskerming. Kostes beloop R50 vir al drie bane of R20 per enkel baan en R10 vir die .22 baan.
‘n Rooibok, blouwildebees en ander pryse is op die spel so kontak vroegtydig die volgende organiseerders van die Thabazimbi Jagtersvereniging om teleurstelling te voorkom,
Nols (083 280 4512) of Willem (083 362 0902).