Sport

Perderuiters by die Paasskou

THABAZIMBI – Plaaslike ruiters het Thabazimbi se naam hoog gehou by die 2008 Paasskou van 18 tot 24 Maart by die Kayalami Equestrian Park. Hulle is Liandi Pienaar en Lindie de Beer en hul afrigter Monica Willats.
Die skou is die grootste wat in Afrika gehou word, met 4600 inskrywings wat hierdie jaar ontvang is van Botswana, Swaziland, Zambië, Zimbabwe en Suid-Afrika. Dit word aangebied deur die Gauteng Horse Society. Ruiters kompeteer in perdespring, dresseer, rykuns, gimnastiek op die perde én die perde word geskou.
Liandi en haar perd Solar Princess het derde gekom in die Welcome Stakes PR (Pony Rider) 60cm, tweede in die Kompetisie PR 60cm en wen die Kampioenskappe PR 60cm. Sy word ook aangewys as die Victor Lodorum PR 60cm.
Lindie en haar perd Wairwolf het vierde plek behaal in die Welcome Stakes J (Junior) 1m, derde in die Kompetisie J 1m en vierde in die Kampioenskappe J 1m.
Monica Willats, die twee ruiters se afrigter, op Wes Maki Saki het tiende plek in die Welcome Stakes A 90cm behaal waarvoor daar 66 inskrywings was.
Liandi is ‘n Graad 4-leerder in Laerskool Van Wykskraal en Lindie ‘n Graad 10-leerder by Hoërskool Frikkie Meyer.