General

Nuwe bestuur vir Tambotie

THABAZIMBI – ‘n Spesiale vergadering vir die Tambotie Versorgingseenheid, waarna alle lede van die publiek uitgenooi word, word op 21 April in die Tambotiese Mediese Sentrum gehou.
Die vergadering, wat nie ‘n jaarvergadering is nie, is oop vir alle lede van die publiek en belanghebbendes wat voel dat hulle ‘n bydrae kan lewer. ‘n Nuwe bestuur vir die Tambotie Versorgingseenheid sal ook tydens hierdie vergadering verkies word.
Die vergadering vind plaas Maandagaand om 18:00 by die spreekkamer van dokter Buys.