Is jou boog ingestel?

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Boogklub gaan vanjaar in samewerking met Thabazimbi PSE ‘n boogskiet kompetisie aanbied tydens die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo. Die kompetisie sal daagliks vanaf 1-3 Mei op Thaba Park plaasvind onder die toesig en beheer van Thabazimbi Boogklub.
Op Saterdag 3 Mei sal die Thabazimbi Expo boogskut wenner aangewys word wat met uithaler pryse huis toe gaan!
Feesgangers kan gerus kom inloer by die Thabazimbi Boogklub se uitstaling kom luister na
Mnr. Stefan van der Linde, ‘n kenner en erkende wêreld boogskiet kampioen wat “tips” sal voorsien aan belangstellendes en saam gesels oor verkeie booskiet aspekte.
Indien u enige navrae het in verband met hierdie kompetisie kan u gerus vir Mnr. Pierre van der Walt van die Thabazimbi Boogklub kontak by 082 657 3595

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.