HFM atlete na SA’s
THABAZIMBI – Vier atlete van Hoërskool Frikkie Meyer het aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in Rustenburg op 27 en 28 Maart deelgeneem.
Glenize van Rooyen was algeheel negende in Suid-Afrika in die 400m Do/15 en algeheel 12de in die 200m Do/15. Anita van Tonder het aan die 100m en 200m Do/15 deelgeneem en algeheel elfde plek behaal vir die 200m. Leonette van Rensburg het sewende in die uitdunne gekom vir haar item, die 300mH vir Do/15. Sanlie van den Brink was sewende in die uitdun vir die 100mH Do/17.