Wiskunde is soos die bou van ‘n baksteenmuur.
THABAZIMBI – ‘n Agent van Squirrel Maths, ‘n wiskundeprogram, gaan hierdie jaar by die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo ‘n stalletjie hê om leerders wat met wiskunde sukkel aan dié program bekend te stel.
Die agent, Veronica Coetzee, gaan ook ‘n trekking aanbied waarin ‘n program vir ‘n laerskool- of hoërskoolleerder, ter waarde van R5 000, gewen kan word. Veronica het ook twee pryse vir die Mej en Mnr Thabazimbi Expo geborg.
Volgens inligting wat op die internet oor Squirrel Maths beskikbaar is, het navorsers bewys dat elke individu wiskunde kán verstaan. Die verskil tussen individue lê egter in die sterkte van hul leervermoë. In ‘n gemiddelde groep van 30 leerders sal ongeveer 5 leerders ‘n nuwe begrip met 1 verduidelikking verstaan. Die grootste gedeelte van ongeveer 10 tot 15 leerders sal 2 tot 3 verduidelikkings verg en ongeveer 10 leerders 4 en meer verduidelikkings.
Die goue reël in wiskunde is egter om nie aan te gaan na die volgende les alvorens die leerder 100% vir die betrokke lessie se oefeninge behaal het nie.
Wiskunde is soos die bou van ‘n baksteenmuur. Vanaf graad 1, of in die primêre fase lê onderwysers ‘n fondasie. Veronderstel hierdie fondasie bestaan uit 5 bakstene en elke baksteen verteenwoordig ‘n beginsel of begrip wat verstaan moet word. As die leerder slegs 80% vir sy/haar wiskunde in die Junior Primêre fase behaal, mag dit beteken dat ‘n baksteen verlore is. Dis moontlik ‘n gedeelte van elke baksteen of ‘n baksteen in geheel. Die volgende jaar neem onderwysers aan dat die vorige jaar se werk volkome verstaan is. Die nuwe onderwyser lê ‘n nuwe ry bakstene. Die wiskundige begrippe word nou in meer diepte behandel. Dit mag gebeur dat die leerder se punte afneem na 60% in die Junior Sekondêre fase. Twee bakstene raak nou verlore. Wat gebeur teen die tyd dat die leerder in Graad 12 is?
As ‘n leerder se punte hierdie tendens vorm, flikker die gevaarligte. Daar is egter ‘n kursus wat die gaping tussen alleenstudie en privaatlesse oorbrug, nl Squirrel Maths. Hierdie program is volgens die nuwe kurrikulum geformuleer en word deur die Onderwys Departement goedgekeur.
Dit behandel die wiskundesillabus van Graad 1 tot Graad 12 in volle diepte. Ongeag die leerder se beginpunt, kan te enige tyd besluit word om hierdie program te volg. Veronica sal ‘n gratis evaluasie doen op die leerder en dan kan aanbevelings gedoen word oor die individuele leerder se behoefte of tekortkoming op wiskundige gebied.
Met meer as 6000 werksvoorbeelde word wiskunde-vraagstukke met verskillende benaderings verduidelik. Dit laat leerders toe om vanaf hul eie perspektief te verstaan en gee hulle selfvertroue om begrippe toe te pas.
Vir verdere inligting kan Veronica by 079 150 5028 geskakel word of soek haar op by die Expo.